© tophok 2023
Wie is Tophok
Tophok word vervaardig deur Antoon Roets op sy plaas net buite Bloemhof,
Noord Wes. Na jare in die wild bedryf en probleemdierbeheer in
wildboerdery is die besigheid gebore in 2010.
Weens die groot ontploffing van probleemdier getalle in Noord Wes en reg
oor die land het Tophok die behoefte raak gesien vir die ontwerp en bou van
‘n duursame ordentlike vanghok wat werk.
Tophok se produkte is reeds landswyd versprei vanaf Wes Kaap in die suide
tot in die Kruger Wildtuin en Muzina in die noorde.
Met 100de tevrede kliënte is die doel van Tophok om wild, vee en roofdier
veilig te hou deur roofdiere te vang en te hervestig. Tophok het in elke
provinsie n kontak persoon met nodige permitte wat roofdiere kan verwyder
en werk ook nou saam met natuurbewarings owerhede wat ook van ons
hokke gebruik maak.
Tophok waarborg ons produkte se werking en kwaliteit, vandaar ons leuse.
Noem Dit En Ons Vang Dit.