© tophok 2023
Rooikat Vanghok
Die rooikat hok se afmetings is 1.72m x 0.4m x
0.6m met twee valdeure wat gelyk toeval en
sluit nadat die trap plaat aangeraak word. Die
meganisme werk met swaarte krag en geen
kabels of veertjies wat kan roes of breek nie, en
sit ook buite die hok waar gevangde dier nie
kan bykom nie. Saam met die rooikat vanghok
word ‘n prooihok aanbeveel waarin ‘n
lewendige hoender of tarentaal gesit kan word.
Die prooihok het ‘n “self-feeder” vir die
hoender in.
Daar is ook ‘n enkeldeur rooikat hok opsie
beskikbaar.
Die rooikat hok is vlakvark bestand gebou en
kan jakkalse ook vang.
Luiperd Vanghok
Die luiperd hok is natuurlik 'n baie sterk
geboude hok, want as daai kolle kat in 'n hok
gevang is het hy sy sin vir humor heeltemal
verloor. Die hok se afmetings 2.2m x 0.6m x
0.8m, met 'n enkel valhek wat outomaties sluit
sodra trap plaat aangeraak word.
Hok het ook 'n binne deur wat afslaan en 'n
kompartement vorm vir lewendige of dooie
aas. 'n Deurloop luiperd hok is ook beskikbaar.
Sy afmetings is 3mx 0.6m x 0.8m. Sommige
luiperds en jagluiperds vang jy net met 'n
deurloop hok.
Vanghokke van verskeie groottes
asook dipbakke, skiettafels en
skietstoele, kalftrekkers en lekwiele
word vervaardig.
Produkte
Ons hokke se werking word gewaarborg.
Hokke vir rooikat, jakkals, huiskat, muskeljaatkat, luiperd,
bobbejane en vele meer word gebou.
Picture: South African Tourism
PDF Brochure van Tophok
Produkte vir aflaai